Computer Science Rekenaarwetenskap

Navorsing

Teorie en Toepassings van Outomate en Grammatikas

Ons stel belang in die teorie van nie-deterministiese eindige outomate en, in besonder, in die omskrywende kompleksiteit van simmetriese-verskil outomate. Meer algemeen, kyk ons ook na die toepassing van outomata en grammatikas op 'n wye verskeidenheid probleme, soos byvoorbeeld die optimering van patroon-uitleg met sellulêre outomate, beeldverwerking met sellulêre outomate, musiekgenerasie in die styl van 'n gegewe komponis met probabilistiese outomate, en die gebruik van probabilistiese outomate vir ontledingsbome vir Engelse sinne vir outomatiese korreksie van Engelse teks.

Daar is 'n ryk en goed-ontwikkelde onderliggende teorie vir outomate en grammatikas, maar in die praktyk is dit dikwels nodig om die teorie op nuwe maniere uit te brei. Byvoorbeeld, vir die patroonuitlegging optimering probleem is dit voordelig om sellulêre outomate aan te vul met selgroepering, waar die buurttopologie van selle verander met verloop van tyd.

Huidige groeplede

Walter Schulze
Steyn van Litsenborgh

Skakels

Sagtewareingenieurswese en Verifikasie

Die groep vir Sagtewareingenieurswese en Verifikasie is betrokke in die ontwikkeling van bedryfstelselkerns, protokolle, en verifikasiegereedskap sedert 1990. Ons ondersoek die ontwikkeling van rekenaargedrewe verifikasie van ontwerpe, sistematiese toetsing, en beskermende programmeringstegnieke.

Huidige groeplede

Andrew Collett
Zhunaid Mohamed
Jan Taljaard
Phillip van Heerden

Skakels

Skynintelligensie, masjienleer en datawetenskap

Hierdie groep kyk na amper alle aspekte van die algemene besluitnemingsprobleem, soos opeenvolgende besluitneming met onsekerheid. Die hoofsubprobleme waaraan ons werk is beplanning, masjienleer, en soekalgoritmes. Ons benadering is gebaseer op waarskynlikheidsleer en spelteorie vir die hanteer van onsekerheid en multi-agent-stelsels. Ons ondersoek ook die kombinasie van masjienleer en groot datastelle, en spesifiek data gegenereer deur aardobservasie satelliet sensors en radio interferometers.

Huidige groeplede

Burger Becker
Marc Christoph
Dirko Coetsee
Trienko Grobler
Jordan Masakuna
Arnu Pretorius
Charl Steyl
Elan van Biljon

Telkom-Siemens Sentrum vir Uitnemendheid in ATM- en breëbandnetwerke en toepassings »

Die Stellenbosch Universiteit arm van die Telkom-Siemens Sentrum vir Uitnemendheid in ATM- en breëbandnetwerke en toepassings het as doel die bevordering van navorsing en ontwikkeling in breëbandtegnologie en die toepassing daarvan, insluitend die opleiding van nagraadse studente en beroepspersone in die kundigheid wat benodig word in hierdie veld van telekommunikasie.

Huidige groeplede