Computer Science Rekenaarwetenskap

Die beste beroepe in 2018

Vir amper 30 jaar al publiseer CareerCast.com ‘n jaarlike “Best jobs” lys wat 200 beroepe rangskik na gelang van verskeie faktore. Vir die laaste paar jaar is daar baie beroepe in die top-20 met ‘n sterk verwantskap met Rekenaarwetenskap. Wat dit beteken, is dat hulle ‘n aangename werksomgewing aanbied, lae stres behels, ‘n goeie salaris betaal en geprojekteer is om sterk te groei in die nabye toekoms.

Hier is die top-10 inskrywings vir 2018; die beroepe met ‘n Rekenaarwetenskap konneksie is vet gedruk:

  1. Genetiese Raadgewer
  2. Wiskundige
  3. Universiteit Professor
  4. Arbeidsterapeut
  5. Statistikus
  6. Mediese Dienste Bestuurder
  7. Datawetenskaplike
  8. Informasie Sekuriteit Analis
  9. Operasionele Navorsing Analis
  10. Aktuaris

Vir die eerste keer in baie jare word Sagteware Ingenieur nie onder die top-10 beroepe gelys nie (maar ander bronne plaas dit bo-aan die lys). Sagteware Ontwikkelaar is by posisie #11, Toepassing Ontwikkelaar by posisie #19, en Web Ontwikkelaar by posisie #20; die ander beroepe in die #11-#20 range is hoofsaaklik mediese posisies.

Dit is belangrik om te noem dat in baie beroepe is die vermoë om te programmeer ‘n uiters waardevolle vaardigheid.

As agtergrond,hier is die top-10 beroepe in 2017:

  1. Statistikus
  2. Mediese Dienste Bestuurder
  3. Operasionele Navorsing Analis
  4. Informasie Sekuriteit Analis
  5. Datawetenskaplike
  6. Universiteit Professor
  7. Wiskundige
  8. Sagteware Ingenieur
  9. Arbeidsterapeut
  10. Spraakterapeut

Hier is die top-10 beroepe in 2016:

  1. Datawetenskaplike
  2. Statistikus
  3. Informasie Sekuriteit Analis
  4. Audioloog
  5. Diagnostiese Mediese Sonograaf
  6. Wiskundige
  7. Sagteware Ingenieur
  8. Rekenaarstelsel Analis
  9. Spraakterapeut
  10. Aktuaris